Wildsfees

Victoria-Wes, in die hartjie van die Karoo, gaan hierdie jaar weer sy
dansskoene aantrek wanneer ons die derde Wildsfees aanbied.

Die 2018 program het heelwat nuwe verassings iets vir oud en jonk en
beloof om vir almal ‘n onvergeetlike ervaring te wees.

Volg ons    www.facebook.com/vicweswildsfees

Merk solank die datum op jou kalender:

14-15 Junie 2019

Moet dit nie misloop nie!

Victoria-Wes se Wildsfees was in die jare 90 ‘n reuse treffer en het mense van oraloor na ons Karoodorpie gelok. Die laaste fees het in 1999 sy asem uitgeblaas. Daar is egter ‘n nuwe geslag entoesiastiese inwoners wat die fees in 2015 laat herleef het om ons plattelandse skatte te deel en ons dorp weer na sy eertydse glorie te herstel. Die fees-fondse word aangewend om die plaaslike ouetehuis en privaatskool se deure oop te hou. Verder word die nood aangespreek soos waar benodig, ou geboue en die dorp se netheid en veiligheid geniet aandag. ‘n Inisiatief is ook van stapel gestuur om met die kweek van vars groente en kruie in tonnels in Victoria Wes te begin om die erg behoeftiges te voorsien van vars produkte.



Lootjie

Staan die kans op 1 van die volgende pakkette te wen

Pakket 1: 1 x  Sable bul, 10 x Springbokke 1 x slagskaap – TWV R31 500
Pakket 2: 1 x Gemsbok, 8 x springbokke, 1 x slagskaap –  TWV R16 500
Pakket 3: 1 x Blouwildebees, 5 x springbokke, 1 x slagskaap  –  TWV R11 500

Alle pakkette sluit ‘n dagfooi vir 4 persone in
Trekking vind plaas 15 Junie 2019 by Victoria-Wes Wildsfees
Wenners sal telefonies gekontak word
Pakkette is geldig vir 3 maande na trekking en is nie oordraagbaar nie

Vul die vorm hier onder in om jou lootjies te koop en jou kans te verseker om 1 van hierdie pakkette te wen.


Kontank ons

Fees kantoor